Verhoudingswerkswinkels

Ek het ‘n Werkswinkel saamgestel met die begeerte om pare op ‘n diep vlak te help bewus word waarom hulle frustrasies nie verbeter nie en waarom hulle magstryd in die verhouding meer en meer verwydering veroorsaak.

  • Hierdie is nie ‘n “goedvoel” Werkswinkel nie. Dit is ontwerp om jou diep te laat dink oor julle verhouding.
  • Hierdie Werkswinkel wil meer doen as om net te ontdek. Ek wil paartjies praktiese inligting en tegnieke gee wat julle verhouding in sy kern kan genees.
  • Hierdie Werkswinkel is NIE ontwerp om oor ‘n naweek aan te bied nie. Naweek inligting is gewoonlik te veel inligting en paartjies sukkel dan om die inligting hulle eie te maak.

Ek het my EEN Werkswinkel opgedeel in 4 Een-dag Werkswinkels. Fase 1 is die fondasie en vertrekpunt vir al die ander fases.

FASE 1 Werkswinkel:

  • Pare sal die geheim van ‘n gesonde verhouding verstaan;
  • Pare sal die rede verstaan hoekom hulle sukkel met ‘n magstryd in hulle verhouding;
  • Pare sal leer hoe belangrik hulle onbewuste is in die BOU van ‘n veilige en gelukkige verhouding.
  • Ek help paartjies om te verstaan hoekom ‘n verhouding met Jesus Christus ‘n huweliks-verhouding se sukses kan waarborg!!

FASE 2 Werkswinkel:

  • Paartjies ontdek wat die invloed is van hulle kinderjare verwonding op hulle huweliksverhouding.
  • Herken die oer-sonde van TROTS in julle verhouding.
  • Ontwikkel die karakter van NEDERIGHEID as ‘n teenvoeter vir trots.
  • Ontdek die krag van julle KWESBAARHEID in julle verhouding.

FASE 3 Werkswinkel:

  • Ek begelei pare om hulle reaktiwiteit in hulle verhouding te beheer en ook af te leer;
  • Ek wys paartjies HOE om te “connect” in hulle verhouding;
  • Ek demonstreer effektiewe luister tussen ‘n man en ‘n vrou;
  • Ontdek wat is ware intimiteit in ‘n gesonde verhouding.

Fase 4 Werkswinkel:

  • Ek gebruik “Life Couching” tegnieke om die destruktiewe energie in verhoudings om te draai in groei-geleenthede;
  • Ontdek die krag van Neuro-Linguistic (NLP) denke in jou verhoudings.
  • Ek ontwerp vir paartjies ‘n werkbare finansiёle plan om die druk en spanning van geld uit die verhouding te haal. Hiervoor gebruik ek n kundige finansiёle adviseur.
  • Ek help pare om ‘n prakties-strategiese plan te skryf vir hulle verhouding se GROEI!