Life Coaching

“A coach is someone who tells what you don’t want to hear, who has you see what you don’t want to see so you can be who you have alway known you could be.”

Investment in Excellence Life Coaching

Die “Investment in Excellence Life Coaching” model sal jou help:

  • Om jou selfwaarde te verbeter sodat jy sinvolle en sterk verhoudings kan bou.
  • Identifiseer die faktore in jou lewe wat jou verhinder om persoonlik te groei en te ontwikkeling.
  • Jy sal ontdek ​​hoekom jy destruktief dink sodat jy die kwaliteit van jou denke kan verbeter.
  • Herken jou ontkenende self (“denied self”) en leef jou beste self!
  • Verwyder jou ingeperkte oortuigings (“negative beliefs”) sodat jy jou volle potensiaal kan begin uitleef!
  • Leer hoe jy persoonlike doelwitte kan formuleer en omskakel in suksesvolle groei.

Tranformational NLP Life Coaching

Ek gebruik ook die konsep van Transformational NLP life coaching in die proses om mense te help om hulle beste self te ontdek en uit te leef.

NLP (Neuro-Linguistiese Programmering) is lewensorientering tegnieke om mense te help om weer rigting te vind en om suksesvolle doelwitte vir hulleself te stel. NLP help indiwidue om diep, blywende veranderinge in hulle denkwyse en gedrag te ontwikkel.

Mentorskap in organisasies

Mentorskap in organisasies is ‘n langtermyn informele verhouding proses wat gevestig word tussen ‘n meer ervare individu (die mentor) en ‘n minder ervare individu (die leerling). Die verhouding se primêre doel is om persoonlike en professionele kundigheid te groei. Dit behels die oordrag van kennis, wysheid en ervaring (‘n soort “lewensuitruiling”) om die mentee in hul loopbaan te begelei.

Ek help potensiёle mentors in organisasies om die proses van mentorskap aan te leer en te bemeester.

Kostes:

@ R1500  vir ‘n 90min sessie.

Bankbesonderhede:

My dienste is ongelukkig nie by ‘n mediese fonds ingekontrakteer nie. Ek sal dit waardeer as julle die geld voor die sessie elektronies kan oorbetaal.

Rekeningnaam: G.P. Smit

Bank: ABSA (Tjekrekening)

Rekeningnommer: 408 041 7782

Takkode: 632 005