Die een enkele rede waarom mense sukkel om hulle volle potensiaal te bereik, is die tradisionele denkfout dat sukses meer bereikbaar is as ons ons swakhede verbeter. Die resultate van hierdie denkfout is dat ons soveel jare tyd mors deur ons self te probeer verbeter in areas waarin ons eenvoudig net nie goed genoeg is nie en dit ook nie geniet wat ons doen nie. Hierdeur verloor ons al meer veld omdat ons nalaat om eerder meer tyd te spandeer om ons natuurlike sterkpunte en talente te ontwikkel. Na alles is dit waar ons uniekheid en potensiële effektiwiteit lê.
Die Gallup Organisasie in die VSA het met meer as 30 jaar se navorsing hierdie verkeerde benadering tot sukses bewys. Hulle het navorsing gedoen met miljoene mense dwars oor die wêreld en die volgende bevind:
Die beste organisasies in die wêreld is almal daarvan bewus dat indiwidue se groei, spanne se groei en organisatoriese groei begin deur in werknemers se talente en sterkpunte te belê. Die sleutel tot sukses is nie om jou swakhede te probeer verbeter nie, maar eerder om uit te vind wat mense se natuurlike sterkpunte is en om daarop voort te bou.
Is jy in die bevoorregte posisie om elke dag te doen wat net jy baie goed kan doen?
Die kans is groot dat baie mense nie in hierdie bevoorregte posisie is nie. Ons hele lewe lank spandeer ons meer tyd om ons tekortkominge te verbeter terwyl ons eerder tyd moes spandeer om ons sterkpunte te ontwikkel.
Die Strengthsfinder Persoonlikheidsontleding en “coaching” sal jou help om jou sterkpunte in jou werk en persoonlike lewe te verhoog – terwyl die negatiewe verminder word.
“A Strengths Based Leadership approach” identifiseer drie belangrike sleutels om ‘n meer effektiewe leier te word: eerstens, leer jou eie sterkpunte ken en begin in ander se sterkpunte te belê; tweedens, kry mense met die regte sterkpunte op jou span; derdens, verstaan en bou die basiese behoeftes van al die mense wat na jou opkyk vir leierskap.
Die “Strengthsfinder” sal maatskappye help met interpersoonlike dinamika, indiwiduele groei en ontwikkeling, span interaksie en organisatoriese sukses. Dit sal organisasies help om sterkpunte aan te wend wat reeds deel is van hulle DNA, hulle kultuur en hulle werknemers.
Ek is opgelei deur Africanmosaic (www.africanmosaic.com) om die StrengthsFinder™ analise en “coaching” te gebruik op drie vlakke: individue, spanne en uitvoerende personeel.
Nadat jy die aanlyn analise voltooi het, sal ek jou help (“coach”) om jou TOP 5 natuurlike sterkpunte te verstaan, die dinamika tussen hierdie sterkpunte te verstaan, en hoe jy jou sterkpunte kan implementeer om meer effektief te wees in jou werk. Sodoende kan jy meer persoonlike vervulling beleef in jou werk en jou persoonlike lewe
Elke lid van die span voltooi die persoonlike analise en word dan indiwidueel ge-coach. Die indiwiduele sessies word opgevolg met ‘n span sessie waarin gefokus word om mekaar se sterkpunte te verstaan; hoe elkeen se sterkpunte aangewend kan word om sinergie te bevorder en om die span se prestasie te verbeter.
Hiervoor is ‘n gekwalifiseerde Vlak 3 coach nodig. Hoë-vlak leiers het nodig om hulle eie sterkpunte te ontdek en te verstaan. Hulle moet ook in staat wees om ander mense se sterkpunte te bestuur en te ontwikkel. Die FULL 34 Strengthsfinder word gebruik om die individuele leier se natuurlike sterkpunte te ontdek en om sy/haar swakpunte te verstaan. ‘n Minimum van 2 sessies word gebruik om executive coaching te doen.
Volg die instruksies soos hieronder uiteengesit:
Sign-in
Username: Your email address
Password: Your birthday or anything you feel comfortable with
Please save your sign-in information. You are going to need it in the future.
3. Wanneer jy jou account geskep het, log in, gaan na Menu en dan Redeem Access Code.
Copy and paste the access code (Sample: ZR54TR44ZX82MD78) en click Continue.
Belangrik:
Jou Strengths resultate sal beskikbaar wees op jou profiel wat jy geskep het. Gebruik jou Username en Password om jou verslag te herroep. Stuur jou resultate soos volg direk aan my:
Gaan na Gallup Access MENU:
Kostes:
Strengthsfinder Kode: Full34 kode = R1185 plus btw
90 min Coaching sessie: R1700 (btw ingesluit)
Bankbesonderhede:
My dienste is ongelukkig nie by ‘n mediese fonds ingekontrakteer nie. Ek sal dit waardeer as julle die geld voor die sessie elektronies kan oorbetaal.
Rekeningnaam: G.P. Smit
Bank: ABSA (Tjekrekening)
Rekeningnommer: 408 041 7782
Takkode: 632 005
Bring die beste energie in julle verhouding na vore deur op mekaar se sterkpunte te fokus!
Paartjies is geneig om te veel energie op mekaar se swakpunte te spandeer. Hierdie benadering groei nie die verhouding nie, maar maak mekaar eerder moedeloos en veroorsaak onnodige frustrasies.
Ontdek jou maat se natuurlike energie met Gallup se StrengthsFinder™ Persoonlikheidsontleding.
Hoe werk die Strengthsfinder?
Nadat die paartjie die Strengthsfinder resultate aan my gestuur het, doen ek ‘n 60 min “coaching” sessie met elkeen afsonderlik.
Daarna doen ek ‘n 90 min gesamentlike sessie om die paar te help om:
Ek help die egpaar om as ‘n beter span te funksioneer.
Kostes:
@ R1700 per sessie vir 90 min
Bankbesonderhede:
My dienste is ongelukkig nie by ‘n mediese fonds ingekontrakteer nie. Ek sal dit waardeer as julle die geld voor die sessie elektronies kan oorbetaal.
Rekeningnaam: G.P. Smit
Bank: ABSA (Tjekrekening)
Rekeningnommer: 408 041 7782
Takkode: 632 005