Verhoudings het ‘n self ingeboude dinamika wat goeie energie is, maar terselfdertyd baie plofbaar kan wees. Elke mens is kompleks omdat ons gedrag gedryf word deur emosies, waardesisteme, opinies, ons agtergrond van opvoeding en ons verwonding uit ons verelde.
Hierdie ingeboude dinamika verhoog die kans vir konflik. Konflik verhoog ons reaktiwiteit, tap ons energie en maak ons onproduktief en dit maak ons verhoudings onveilige omgewings om in te leef.
Ons kan nooit enige verhouding as vanselfsprekend aanvaar nie. Ons moet die dinamika (energie) in ons verhoudings verstaan en ontwikkel. Hierin lê die geheim vir gelukkige verhoudings!
Die grootste frustrasies in enige verhouding word veroorsaak omdat pare nie weet hoe om te vra vir dit wat hulle nodig het van mekaar nie.
Ek leer pare om pro-aktief hulle kommunikasie na ‘n hoër vlak te neem en sodoende ‘n ontspanne en vreugdevolle verhouding te ontwikkel. Ten diepste wil elke mens gelukkig wees. ‘n Groot deel van ons geluk lê opgesluit in kommunikasie!
Jong paartjies se verhoudingspotensiaal is nog baie onder-ontwikkel. Dit veroorsaak dat paartjies ONBEWUS is van destruktiewe konflik wat onsigbaar in hulle verhouding aanwesig is! Konflik is noodsaaklik sodat verhoudings kan groei, maar wanneer paartjies nie weet HOE om die konflik te hanteer nie, val hulle vas in ’n magstryd wat in hulle verhouding baie skade kan aanrig.
Die magstryd het alles te doen met ons reaktiwiteit as gevolg van herhalende frustrasies. Frustrasies is onbekende behoeftes wat skreeu vir groei!
As pare die bron van elke frustrasie kan ontdek en verstaan, sal negatiewe energie omskep kan word in positiewe energie.
Ek leer pare kommunikasie tegnieke om hulle frustrasies te omskep in groei.
Pare wat deur egskeiding gaan se lewe is deurmekaar, verward en seer. Ek help pare om hulle lewe weer te orden deur te verstaan waar die verwonding in hulle verhouding begin het. As pare kan verstaan waar alles begin skeef loop het en kan sien hoekom hulle mekaar nie gelukkig maak nie, kan ‘n pad van herstel begin.
As pare mekaar begin genees, sal hulle nie ‘n egskeiding oorweeg nie.
‘n Her-saamgestelde gesin is ‘n baie ingewikkelde sisteem. Dit is drie keer meer ingewikkeld as ‘n eerste huwelik. Ek help egpare en gesinne om hierdie dinamika te verstaan en om hulle energie reg in te span om hulle verhoudings te groei in plaas van te manipuleer.
Die fase van aftrede plaas ook groot druk op egpare se verhoudings. Dit is ‘n fase waarin egpare hulle prioriteite moet her-evalueer en hulle identiteit as indiwidue moet her-definieer. Alhoewel dit kan lyk asof paartjies wat afgetree het rustiger is begin die verhouding stadig maar seker nuwe frustrasies beleef.
Bring die beste energie in julle verhouding na vore deur op mekaar se sterkpunte te fokus!
Ontdek jou maat se natuurlike energie met Gallup se StrengthsFinder™ Persoonlikheidsontleding.
Nadat die paartjie die Strengthsfinder resulate aan my gestuur het, doen ek ‘n 60 min coaching sessie met elkeen afsonderlik.
Daarna doen ek ‘n 2 ure gesamentlike sessie met egpare:
Ouerkap is ’n omvattende proses waar ouers die kind begelei tot volwassenheid. Dit sluit in fisiese, emosionele, sosiale en geestelike ontwikkeling. Hierdie proses is nie beperk tot die biologiese ouers nie. Dit sluit enige versorger in wat verantwoordelikheid oor die kind se ontwikkeling neem.
Waar mense saamwerk, is daar altyd die potensiaal vir konflik. Konflik ontstaan onder andere omdat mense nie effektief kommunikeer nie en nie mekaar se sterk punte ken nie.
Vanuit my vorige ervaring as leier van ‘n gemeente, algemene gemeentewerk, spanbou, gemeentebou en gemeenteplanting, bied ek konsultasiedienste vir gemeentes aan. Ek help ook gemeentes met verhoudings-dinamika asook coaching sessies met Gallup se “Strengthsfinder” ontleding. Ek doen ook span integrasie om beter samewerking en hoër produktiwiteit te verseker.
Van die grootste frustrasies in die lewe het baie keer hulle oorsprong in ons werksomgewings. Een van die faktore wat kan aanleiding gee tot ons frustrasies, is wanneer iemand onvervuld voel in die spesifieke pos waarin hy of sy aangestel is; of dit kan ook wees dat jy net eenvoudig nie met van die personeel oor die weg kom nie, of die maatskappy se organisatoriese strukture wurg al die passie en kreatiwiteit uit jou uit.
Die Strengthsfinder Persoonlikheidsontleding en “Life Coaching” sal maatskappye, hulle leiers en werknemers help met interpersoonlike dinamika, indiwiduele groei en ontwikkeling, span interaksie en organisatoriese sukses. Dit sal organisasies help om hulle sterkpunte aan te wend wat reeds deel is van hulle DNA.